INGELEGDE VIS

Bestanddele
3kg stokvis, grate verwyder
bietjie meelblom en sout
2 lourierblare
1 pakkie kerriemengsel (medium)
1 bottel asyn
2 eetlepels blatjang
¼ koppie meelblom
goeie kookolie
500g uie
6 peperkorrels
2 eetlepels suiker
1 teelepel borrie

Metode
Skil die uie en sny in skywe. Sny vis in stukke. Sprinkel liggies met meelblom en smeer bietjie sout in aan beide kante. Braai die stukke tot `n ligte goudbruin kleur oor matige hitte in olie wat rokend warm is. Verwyder die vis, voeg die uie by en braai liggies. Voeg `n klein bietjie sout by. Laat die olie afloop. Kook nou die asyn saam met die peperkorrels, lourierblare, suiker, blatjang en `n knypie sout vir sowat 10 minute., maar hou `n halwe koppie asyn eenkant.

Meng die meelblom en borrie met die half koppie asyn tot `n gladde pasta en roer in die kokende asynmengsel in. Kook totdat dit effens dik is, verwyder van die plaat, maar hou die sous warm. Rangskik nou die vis en uie in lae in `n skottel wat `n deksel het, beginnende en eindigende met `n laag uie.

Gooi nou die sous versigtig bo-oor en stoot die paperkorrels en lourierblare na die kante van die skottel toe. Sit die deksel op en plaas in `n oond van 180C vir ongeveer een uur. Haal uit, en vee klammigheid aan die anderkant van die deksel af. Laat afkoel en bêre in die yskas vir drie dae. Bedien koud.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 414 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui