All-Bran beskuit

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ongeveer 120 stukke

  • 1,5 kg (3 x 500 g-pakkies) bruismeel
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 7,5 ml (1 ½ t) sout
  • 750 ml (3 k) AII-Bran-vlokkies
  • 500 ml (2 k) muesli
  • 125 ml (3/4 k) sultanas
  • 375 ml (1 ½ k) semels
  • 750 g botter
  • 625 ml (2 ½ k) bruinsuiker
  • 1 liter karringmelk
  • 4 eiers
  • 15 ml (1 e) vanielje

 

Stel oond op 180°C.

 

  1. Sif meel, bakpoeier en sout.
  2. Roer All-Bran, muesli, sultanas en semels
  3. Smelt suiker en botter in kastrol. Roer aan­houdend. Verwyder van hitte.
  4. Klits karringmelk, eiers en vanielje en roer by bottermengsel tot goed gemeng.
  5. Voeg karringmelk mengsel by meelmengsel en meng goed.
  6. Skep deeg in gesmeerde broodpanne.

Panne moenie meer as 3/4 vol deeg wees nie.

  1. Bak vir 60 min. of tot toetspen skoon uit­kom.
  2. Keer beskuit uit, laat afkoel en sny of breek in stukke.
  3. Droog beskuit teen 70°C vir 4 tot 5 uur uit.

 

Resep uit Keur

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 792 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui