AARTAPPEL SUURDEEG PLANTJIE

AARTAPPEL SUURDEEG  PLANTJIE
1 geskilde aartappel, gerasper
1 gelykvol Eetlepel sout
2 opgehoopte eetlepels suiker
2 koppies lou warm water
1 pakkie kits gis
4 of 5 rosyne.
METODE:
DAG 1:
Gooi alles in n can Fruit bottel, gee net so een roer en maak die deksel toe. Hou in n vensterbank of erens waar hy kan warm kry.
DAG 2:
Gooi alles deur ‘n sif. Gooi so kwart van die ou aartappel terug saam met die ou rosyne en so derde van die suurdeeg water. Maak nou weer die resep aan, maar die keer sonder gis en rosyne en gooi dit by die bietjie wat jy oorgehou het van dag een. Maak die bottel weer toe en laat staan vir ‘n dag.
DAG 3:
Nou behoort jou plantjie aan die gang te wees. Elke keer as jy met dit wil bak, gooi dit deur ‘n sif en gebruik net die vloeistof in jou deeg (Ek hou net so kwart van die suurdeeg vir die nuwe plantjie, die res gebruik ek in die deeg, hang seker ook maar af van hoe sterk jou plantjie is.). Maar onthou om elke keer weer bietjie van die ou aartappel, die ou rosyne en bietjie van die vloeistof in die bottel terug te gooi. Vul dit dan net elke keer met ‘n nuwe aartappel, 1 eetlepel sout, 2 eetlepels suiker en 2 koppies lou warm water. Jy behoort daagliks dit so te kan gebruik, maar as dit voel of die suurdeeg nie genoeg laat rys nie, laat staan dit net ‘n dag of wat langer, gooi nuwe of bietjie meer rosyne in. As jou rosyntjies nie meer goed lyk nie, vervang dit.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 20,527 times, 11 visits today)
Advertisements

23 thoughts on “AARTAPPEL SUURDEEG PLANTJIE”

  1. Goeie dag,

    Ek is opsoek na iemand wat ‘n reeds gemaakte aardappel suurdeeg plantjie het. Elke keer as ek self een maak werk dit nie.

  2. Hi wil hoor as jy ń plantjie gemaak het en jy gebruik dit nie elke dag nie moet die plantjie buite bly of in die yskas?

  3. Kan mens in n broodmasjien ook met dit bak. En as jy dit die 2de dag afgooi gooi jy 1teelepel of eetlepel sout by en 2 eetlepels suiker by. Die resep se net lepels

  4. Goeie More,
    Ek wil graag vir eerste keer die Suurdeeg plantjie maak en brood bak. Hoveel meel gebruik ek vir brood op die twee derde suurdeegplantjie wat ek dan van resept gebruik?
    Martie

  5. Sukkel dat my brood reis, vermoed dis die kraan water wat gebruik is…..
    Help my met n brood resep wat saam met die plantjie werk asb

  6. Ek bak my eie brood met die droe gis..dit rys baie mooi..maar as ek die brood in die oond sit dan val hy plat..wat is die probleem kan dit die suurdeeg wees??

  7. Ek is jammer om te sê maar hierdie plantjie metode werk nie. myne gestaan vir 2 weke en steeds rys my baksel nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *