Bestanddele
500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter
100ml suurlemoensap
397g (1 blik) kondensmelk
1¼ pak Tennisbeskuitjies

Metode
Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier.
Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel.
Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak.
Gooi helfte van die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk.
Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die helfte van die louwarm vla daaroor.
Herhaal die lae.
Rasper van die beskuitjies bo-oor en laat dit goed afkoel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,779 times, 4 visits today)
Advertisements
 

2 Thoughts on “Kits suurlemoen vla tert

  1. Annette on Oktober 4, 2018 at 9:46 NM said:

    Die resepte lyk almal baie lekker. Ek soek ‘n lekker yskas tert vir Sondag. Gaan een van hierdie probeer! Baie dankie! Annette

     

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation