BENODIG;

2 X PAKKIES REPIESSPEK
2 X KOPPIES TAMATIESOUS
¼ HEUNING
½ KOPPIE WORCESTERSOUS
¼  KOPPIE GOEIE SOYASOUS

¼ KOPPIE KOOKOLIE
¼  KOPPIE SUURLEMOENSAP
1 TEELEPELS GEMAALDE RISSIE (OPSIONEEL)
1 KOPPIE GEGLASUURDE KERSIES ( HOU VEREERS EENKANT TOT BENODIG)
SOSATIESTOKKIES
1 X KILO HOENDER FILLETTE IN HAPGROOTTE BLOKKIES GESNY

METODE;

  • NEEM 2 X STROKE REPIES SPEK EN Lê EERSTE STUK OP WERKSOPPERVLAKTE EN ROL HOENDER DAARIN
  • .NEEM NOU DIE ANDER STROOK SPEK EN ROL OM OOPKANTE VAN EERSTE KEER.
  • NEEM NOU SOSATIE STOKKIE EN STEEK DEUR DIE SPEK EN HOENDER OM WIELETJIE TE MAAK
  • NA SO ELKE 2de HAPPIE STEEK ‘n KERSIE DEUR
  • HERHAAL DIE PROSES TOT AL DIE WIELETJIES GEMAAK IS
  • PLAAS WIELETJIES IN BAK MET DEKSEL EN HOU EENKANT

 

INTUSSEN DIE STROOP

  • MENG AL DIE BESTANDDELE IN ‘n OOP KASTROL
  • OOR LAE HITTE BRING TOT KOOKPUNT EN ROER VOORDUREND
  • WANNEER DEURGEKOOK GOOI DIE KERSIES BY DIE WARM STROOP
  • LAAT EENKANT OM HEELTEMAL KOUD TE WORD
  • WANNEER STROOP KOUD IS GOOI DIE STROOP OOR DIE GEROLDE HOENDER WIELETJIES
  • PLAAS DEKSEL BO-OP PLAAS IN YSKAS EN LAAT OORNAG IN DIE YSKAS STAAN
  • WANNEER GEREED OOR MATIGE KOLE BRAAI DIE WIELETJIES TOT GAAR, TERWYL DIE STROOP AF EN TOE OORGEVERF WORD
  • BEDIEN SAAM MET BRAAIVLEIS OF AS VOORGEREG INDIEN LANK OM DIE BRAAIVLEIS VUUR GEKUIER GAAN WORD

 

  TUISGEMAAKTE KERSIESTROOP RESEP

BENODIG;

½ KOPPIE BRUINSUIKER

1/3 KOPPIE WATER

1 X KILO VARS KERSIES STINGELS VERWYDER

 

METODE;

  • OOR MEDIUM HITTE BRING WATER TOT KOOKPUNT
  • VOEG NOU SUIKER BY EN ROER TOT SUIKER OPGELOS IS
  • VOEG NOU DIE KERSIES BY EN KOOK VIR 20 MINUTE OF TOTDAT DIE KERSIE SE SKILLETJIE BEGIN KRAAK EN AFKOM.
  • VERLAAG DIE HITTE EN MET DEKSEL OP DIE KASTROL KOOK VIR VERDERE 10 MINUTE OF KERSIES SAG IS WANNEER GEDRUK, PASOP VIR BRAND
  • NEEM NOU ‘n SIF EN GOOI MENGSEL DEUR DIE SIF EN ROER DIE STROOP DEUR DIE KERSIES EN PITTE ROER TOTDAT DIE KERSIES VERPULP HET EN DIE STROOP DEURGESYFER HET
  • DIE PULP EN PITTE KAN JY MAAR WEGGOOI
  • LAAT DIE STROOP TEEN KAMERTEMPERATUUR AFKOEL.
  • GOOI STROOP IN LUGDIGTE GLASHOUER
  • PLAAS IN YSKAS

HIERDIE STROOP KAN GEMAAK EN GEBRUIK WORD VIR DIE SPEK EN HOENDERWIELETJIES INSTEDE VAN DIE ANDER STROOP

Met vergunning van Peet Venter

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 163 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation