Vrydag 19 Mei 2017 Tema: Skuil by Hom 5
**** My eie woorde
**** So dikwels kyk ons teen die menigte en getalle vas. Toe die
HERE vir Gideon as rigter gebruik was daar aanvanklik 32,000 en
22,000 draai om. Daarna sê die woord het daar 10,000 oorgebly
maar die HERE sê vir Gideon, hulle is nog te veel. Uiteindelik
verslaan ’n handjie vol die menigte. Wat het die verskil gemaak ?
Hulle het deur geloof skuiling by God gevind. Wees verseker
vandag, die HERE het nie verander nie, Hy werk nie deur getalle
nie Hy werk deur geloof en vertroue op Hom
Rig 7:4 Daarop sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe is nog te
veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou
uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou
saamgaan—dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek
aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie—dié mag
nie gaan nie.
Ps.31:19 (31:20) o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir
die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in
teenwoordigheid van die mensekinders!
Sef. 3:12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe
volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek.
Luk 13:23 Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word,
min? En Hy antwoord hulle: V24 Stry hard om in te gaan deur die
nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en
sal nie in staat wees nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 19,20 en 21 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Farida Gertze 19 Mei
Aletta Lourens 19 Mei
Trevor Erasmus 19 Mei
Sue van Heerden 20 Mei
Irma Beukes 20 Mei
Quenton Kritzinger 20 Mei
Di-Anne Fourie 20 Mei
Meadin Jansen 20-Mei
Twane Haywood 21 Mei
S. Badenhorst 21 Mei
Hettie v.d. Heever 21 Mei
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation