2 Kor. 1V4

Dinsdag 30 Mei.2017 Tema: Wanneer ek getoets word 2
**** My eie woorde:
**** Ek haal vanoggend aan vanuit die 83 Afrikaanse vertaling.
Ek weet baie mense weier om enige iets uit die NV te lees omdat
daar wel foute in is. Ek wil nou ook nie in ’n debat daaroor gaan nie,
maar soms lig ’n ander vertaling iets net makliker verstaanbaar uit.
Verder dink ek die bose hou ons lekker besig met al die goed en
trek ons fokus van Christus af. Weet julle toe die Verlosser onder
Sy mense loop, toe baklei en redeneer hulle oor die dissipels wat
nie hande gewas het nie. Waaroor gaan al ons redenasies eintlik?
Ek wil eintlik net wys ek is slimmer en beter as jy en so vang die
vyand ons met trots en hoogmoed en is daar ’n traan in God se
oog. Vandag se gedeelte sê dan dat Hy ons in elke moeilikheid
help, so dis nie net sommige moeilikhede nie, en dit sê ook dat Hy
nie wag totdat die moeilikheid verby is nie. Hy help wanneer ons IN
die moeilikheid is. Maar dan die kosbare woorde, dat ons
moeilikhede ons juis leer hoe om ander te help wat deur dieselfde
goed gaan. Dalk is jy deur ’n egskeiding, of jy het ’n kind aan die
dood afgestaan. Moontlik het jy al jou “goed” verloor weens slegte
skuld omdat jy nie selfbeheersing het oor jou finansies nie.
Wie gaan dit verstaan, buiten Christus? Daardie persoon wat
dieselfde pad geloop het, weet en verstaan waardeur jy gaan.
Wanneer dit swaar met jou gaan vra Hom “HERE wat moet ek
hieruit leer sodat ek eendag iemand anders kan help wat deur
hierdie situasie gaan” Dus gaan beproewing juis oor hulp en
redding
2 Kor. 1V4 (NV0) In elke moeilikheid help Hy ons. Daarom kan ons
ook weer ander help wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons
kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God
ons bemoedig, V5 want net soos daar vir ons ‘n oorvloed van
lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons ‘n oorvloed
van bemoediging deur Christus. V6 As ons dus in beproewing
kom, is dit dat julle gehelp en gered kan word. As ons bemoedig
word, is dit om julle te bemoedig en te versterk, sodat julle met
geduld dieselfde lyding kan verduur wat ons ook verduur. V7
En wat julle betref, het ons ‘n vaste verwagting. Ons weet dat net
soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die
uitkoms deel het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
B.M. getuig
Ek wil net vir dankie sê vir almal wat saam gebid het.
My vriend het toe werk gekry. Ek weet GOD is altyd in beheer.
**** Amen
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 30 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees.
Geniet jou bederf dag.
Corné Beukes 30 Mei
Burreidine Jansen 30 Mei

Stuur gerus jou verjaardagdatum aan
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 51 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui