4 stukke rou hoender borsies

250ml hoender aftreksel

5ml droe roosmaryn

 

Vir die sous:

12.5ml volgraan meel of nutty wheat

7.5ml mielieblom (maizena)

7.5ml koekmeelblom

125ml ingedampte melk (of laevet ingedampte melk)

2.5ml gekapte vars knoffel

20ml droe sjerrie

5ml heelkorrel mosterd

Plaas die hoender in n pan, voeg die aftreksel en roosmaryn by en laat opkook.

Verminder hitte en laat prut to die hoender gaar, maar nog vogtig is.

Verwyder hoenderstukke uit pan.

Meet 50ml van die aftreksel af, voeg nog 75ml water by en hou eenkant.

Plaas die hoender terug in die pan en hou warm oor baie lae hitte.

Meng die meel, volgraan meel en mielieblom en klein bietjie gemaalde swart peper met n bietjie water tot n pasta vorm.

Verhit die afgemete water/hoender aftreksel, ingedampte melk, knoffel, sjerrie, roosmaryn en mosterd saam met die pasta in n kastrol.

Roer voortdurend om te keer dat dit klont vorm.

Verminder die hitte en laat prut totdat die sous effens begin verdik.

Skep die sous die gedreineerde hoenderstukke.

Garneer met roosmaryn.

 

Nota: Wanneer daar met alkohol gekook word, laat die hitte die alkohol verdamp, maar die geur bly en ontwikkel.

As jy verkies om nie alkohol te gebruik nie, vervang dit met dieselfde hoeveelheid appel of druiwesap.

Resep: SA Diabetes kook boek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation