Ingestuur deur Jan van Niekerk

Lendeskyf met Sjerrie-en-Uiesous op Pasta
Wegsleep
Vir groot vleiseters kan jy vir elkeen sy eie steak maak en dié pasta met sous en parmesaan apart voorsit.
Vir 4 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 1 uur

Bestanddele:
Vir Die Uiesous
500 g Uie
5 Eetlepels botter
1 Eetlepel suiker
¼ Koppie sjerrie
Vir Die Pesto
1 Brandrissie, fyngekap
’n Hand vol pietersielie, fyngekap
1 Knoffelhuisie, fyngerasper
4 Eetlepels olyfolie
Vir Die Steak
500 g Kruisskyf (rump) of lendestuk (sirloin)
3 Knoffelhuisies, fyngekap
2 Eetlepels sjerrieasyn (of balsamiekasyn)
2 Eetlepels sojasous
2 Eetlepels botter
Vir Die Pasta
250 g Lang, plat pasta (tagliatelle), gekook
’n Hand vol parmesaan, gerasper

Metode:
1. Sny die uie in ½ cm dik skywe en soteer dit in die botter tot sag en deurskynend. Hou die hitte baie laag en roer dit net elke nou en dan sodat die uie vir 1 uur lank stadig karamelliseer. Roer die suiker, sout en sjerrie deur en laat dit vir nog twee minute prut.
2. Maak intussen die pesto deur al die bestanddele daarvoor goed te meng.
3. Verhit ’n gietysterpan tot baie warm en braai die steak vir 2 minute aan ’n kant. Laat dit dan vir 5 minute eenkant rus. Gooi die asyn, sojasous, knoffel en botter in die warm pan en verwyder van die hitte sodra die asyn borrel en die botter smelt. Skep die gekaramelliseerde uiesous daarby.
4. Sny die vleis in skyfies, en meng die uie deur die warm pasta. Sit dit voor saam met die vleis, parmesaan en ’n skeppie pesto.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 85 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation