Matt 6:19

Lente Nagel

Donderdag 25 Mei 2017 Tema: Jou Tweede myl 4
**** My eie woorde
**** Ek ontvang gister die onderstaande terugvoer (in groen) en wil
dit met julle deel . Hoe werk die Heilige Gees net nie in mense harte
nie . Ek sit weer juis gisteroggend so en praat met die HERE, na al
die gesukkel om die adresse weer reg te kry, is ek nie besig om
mense se tyd te mors nie. Die Heilige Gees sê, jy praat oor tweede
myl nou word jy moeg. Dan kom daar so briefie aan wat weer warm
op my hart kom lê en ek weet, al is daar net een of twee wat wel
waarde vind is dit mos die moeite werd. Vanoggend moet ek weer
bely oor my ongeloof en dat ons antwoorde nou wil hê, wat ons
eendag eers in die hiernamaals sal sien. Ons is mos net saaiers Hy
sal die oes inbring op Sy tyd en manier
Matt 6:19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde,
waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen
mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Luk.12v20 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie
nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het,
wie s’n sal dit wees? 21 So gaan dit met hom wat vir homself
skatte vergader en nie ryk is in God nie.
Jak 3 14 Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het,
moenie roem en lieg teen die waarheid nie. 15 Dít is nie die
wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; 16
want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande
gemene dade. 17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan
vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie
vrugte, onpartydig en ongeveins. 18 En die vrug van die
geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
Deut 8v17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my
hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.18 Maar dink aan die
HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te
verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders
met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Baie dankie dat jy ons harte elke dag aanraak met die wonderlike
stukkies. Ek het sommer vanoggend trane in my oë van
dankbaarheid. Vir niks spesifiek, net vir die feit dat ek lewe en
gesond is. Aan God al die ere. Mag Hy jou ryklik seën ..
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 25 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Junene Claasen 25 Mei
Mona Leff 25 Mei
Maryke Maree Bloemfontein 25 Mei
Pieter du Toit Kroonstad 25 Mei
Tertia Human 25 Mei
Annatjie du Toit 25 Mei
Ronelle Engelbrecht. 25 Mei
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 47 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui