Ps.69:3

Woensdag 12 Julie 2017 Tema: Uitgestel maar nie afgestel 3
**** My eie woorde
**** Miskien ervaar jy ook dat jy moeg gevra is, hoor die HERE dan
nie. Tog sê Jesaja Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie en Jesus
self sê ons antwoorde is in Sy woord waarin ons moet bly . Ons
dink ons wag op Hom, maar weet jy ….dalk wag Hy vir jou .
Ps.69:3 (69:4) Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my
oë versmag terwyl ek wag op my God.
Jes.55:8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle
weë is nie my weë nie, spreek die HERE.
v9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë
hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
Joh 8:31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in
my woord bly, is julle waarlik my dissipels. V32 En julle sal die
waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
GETUIENISSE en TERUGVOER
BL. Getuig:
Ek kan ook vandag getuig van die Here se uitkoms op die regte tyd
en dat ons moet aanhou hoop. Ek het baie moeilike
werksomstandighede gehad en op die regte tyd het die Here vir my
voorsien. Na maande van gebed het ek letterlik een oggend net
gesê: “Ag Here” en dieselfde oggend het een van my vorige
kollegas my gebel met ‘n werksaanbod by n ander maatskappy.
Die verandering was uitdagend, maar ook deur die hele proses het
ek ervaar hoe die Here dit alles vir my voorberei het.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 12 Julie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Hetta Tromp 12 Julie
Marius Swart 12 Julie
Susan Koekemoer 12 Julie
Elsa Geldenhuys 12 Julie
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui