Gen 32v26

Dinsdag 29 Augustus 2017 Tema: Kom ons bid 2
**** My eie woorde:
**** Ons almal weet die dae waar jy so woerts warts bid …gereed om
reg te maak vir die dag. Dan kom die dae waar jy deur donker tye gaan
en dan bid jy anders, jy worstel net soos Jakob met God geworstel het
en nie wou opgee voordat hy seker was van ‘n antwoord nie. Onthou
God se kinders word nie eenkant gesit dat niks en niemand naby jou
mag kom nie, maar Hy belowe alles vir die wat oorwin. Daarmee saam
gee Hy ons die krag om te oorwin wat ook al jou toets is. Hy antwoord

nie altyd soos ons wil nie, maar uiteindelik kry ons wat die beste is .
Gen 32v26 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar
hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.V27 En
Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.V28 Toe sê Hy:
Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het
geworstel met God en met die mense en het oorwin.
Open 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam
nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor
my Vader en voor sy engele.
Open21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God
wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 29 Augustus 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Kitty Fourie 29 Aug
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 51 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui