Gevulde eiers bly n gunsteling.

Maar hoe ouer die eiers hoe minder breek dit wanneer jy dit halveer

12 groot hardgekookte eiers, afgedop en oorlangs gehalveer
⅓ k mayonnaise
2 t brandrissiesous
½ k gerasperde beleë cheddar
120 g geblikte rooi soetrissies, gedreineer en fyngekap
1 sprietui, fyngekap
paprika, vir garnering

1. Druk die eiergele, mayonnaise, brandrissiesous en ¼ t sout in ’n middelslagbak fyn tot amper glad.
2. Vou die cheddar, rooi soetrissies en sprietuie daarby in. Skep dit in die eierwitte.
3. Garneer met paprika. Sit voor of bedek met kleefplastiek en verkoel vir tot 1 dag.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 428 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation