Ingestuur deur Jan van Niekerk
Lewer 4 ruim porsies

Bestanddele:
Klein bietjie olyfolie vir braai
3 Ontbeende hoender Gunsakke in klein blokkies gesny
3 ml Knoffelpoeier
3 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
5 ml Aromat
5 ml Gemengde kruie
1 Pakkie KNOR kaassous
1 Pakkie KNOR knoffelsous
500 ml Volroom melk
400 g Grootskulp pasta
5 ml Sout
Olie vir kook

Metode:
Verhit die olie in ‘n diep pan en braai die vleis 5 minute.
Voeg die speserye by en braai 3 minute.
Verhit die melk in die mikrogolf en voeg die twee pakkies souspoeier by.
Meng goed en gooi by die vleis in die pan.
Bring tot kookpunt en verlaag die hitte.
Prut tot die sous verdik en roer elke af en toe
Kook intussen die pasta volgens aanwysing met die olie en sout in die water.
Dreineer die pasta en roer by die hoender in.
Dis liplek lekker

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 31 times, 1 visits today)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation