Nagevolge

Nagevolge

Na my eerste kamp het ek werklik eerstehands met die nagevolge van so ʼn lang kamp te doen gekry. Ons het baie keer gesien en gehoor van manne wat bossies geraak het. Bossies is net ʼn mooi woord vir MAL.
Vandag noem hulle dt PTSD ~ Post Traumatic Stress Disorder.

Baie manne het heeltemal hulle kop verloor en heeltemal bossies geraak. Die trigger was baie keer ʼn Dear Johnny gewees, of slegte nuus van die huis af, of dalk ʼn makker wat geskiet is. Al wat ek
weet die oorsake was legio gewees.

Die Maandag oggend na my tweede kamp maak ek klaar. Toe ons by die kar kom, klim ek agter dis stuur in. My vrou vra aan my of ek nog kan bestuur. Natuurlik ek is mos nie dom nie. Ek trek daar weg met volle vaart. Dit lyk behoorlik of ek dronk is. Die kar loop van die eenkant van die pad na die ander kant van die pad.

Gelukkig voor ek by die hoofpad kom, kry ek weer die kar onder beheer, of sal ek nou sê, weer die gevoel om te bestuur. So ry ons aan. In ons dorp was daar ʼn verkeersirkel gewees. Toe ek al die
verkeer sien, en glo my in ons dorp, tot vandag toe is daar nie baie verkeer nie, begin ek bewe. Op daardie oomblik kon ek net nie al hierdie geharwar om my hanteer nie.

Die bewerasie was so erg gewees dat ek uit die kar geklim het en my vrou het oorgeskuif en verder bestuur. Die angssweet het my uitgeslaan. Na ʼn hele paar dae in die passasiers sitplek om al die
verkeer gewoond te raak, het ek weer begin bestuur.

Op daardie stadium het ek by ʼn bank gewerk as kassier in die mobiele bank. Die oggend gaan ek in die kluis in, neem oor van die ander kassier. Dit was so naby aan die einde van die maand
gewees en ek neem nogal heelwat kleingeld saam.

Die kleingeld het ons in so groot leer tas gesit. Een van die swartes wat moes help dra aan die geld na die mobiele bank toe, tel mos die leer tas op en sê vir my “Haai jy, jy het die tas te swaar gelaai”.

Onthou dit was in 1978. Ek gryp die man met my linkerhand voor die bors, trek my regterhand terug en sê vir hom “Jou !#&^*)(ka____, jou bliksem ek dood vandag”.

Gelukkig vir hom kom ons rekenmeester daar verby en sien dat ek die man nou ernstig gaan aanrand. Hy hardloop in die kluis en ruk my weg van die swarte af. Hy kyk die swarte so aan en sê toe vir
hom, jy beter doen wat die man vir jou sê.

Wat deur my kop gegaan het, was hoe kan hierdie swarte so met my praat. Wie dink hy is hy. Al die haat wat ek gehad het, al die swaarkry, al die verlange, al die pyn en seer het in daardie een oomblik oorgekook in my.

In dieselfde tydperk was daar ook ʼn insident gewees waar ek werk toe gery het, en die arme swarte ry op sy aflewerings fiets met die mandjie hier voor hom. Tot vandag kan ek nie onthou wat het in my kop aangegaan nie. As my vrou nie die stuurwiel gegryp het en geruk het nie, het ek die swarte blatant doodgery. Al wat ek kan onthou is dat ek daardie diepgewortelde haat in my gehad het.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 255 times, 1 visits today)
Advertisements
 

3 gedagtes oor “Nagevolge

    1. Goeie More Marieta. Dit is seker nie die beste plek om dit op te sit nie. Dit is del van my lewe wat ek graag wil deel met mense wat nie daar was nie en nie weet wat aangaan nie. So is die dagstukkies ook ‘;n deel van my lewe en dit hoort ook nie op die blad nie. Dit is die rede hoekom ek alles onder aparte afdelings sit, sodat almal wat hier aanklop kan gaan lees wat hulle graag wil lees.

       

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui