Osso Buco

Bestanddele:

8 (1,6kg) kalfskenkels
Sout en Varsgemaalde Swartpeper na smaak
60 g (75ml) meelblom
90 ml Olie
Halwe Bossie vars Tiemie (gekap) /10 ml gedroogde tiemie
2 Louerierblare
125 ml Witwyn
125 ml Water
250 g Vars Seldery
250 g Geelwortels
2 Middelslag Uie
1 Groot Blik (820 g) Heel Tamaties
Bossie Vars Basilliekruid (gekap) / 10 ml gedroogde Basilliekruid
Gerasperde skil van 1 Suurlemoen
15 ml Suiker

Stap-vir-stap proses:

Was die vleis en druk dit droog.  Sny vlak kerfies in die rande van die vleis en geur met sout en peper.  Rol die vleis in die meel en skud die oortollige meel af.

Verhit die olie in ‘n groot pot en braai die vleis aan albei kante mooi bruin.  Voeg die tiemie en lourierblare by en giet die wyn en die water bo-oor.  Bedek die pot en laat dit vir 15 minute lank kook.

Was en maak die seldery en wortels intussen skoon en trek die uie se skille af.  Sny al die groente in klein dobbelsteentjies. Voeg dit by die vleis en smoor dit vir ‘n rukkie saam.

Voeg die tamaties met vloeistof en al by die gebraaide vleis, bedek die pot en laat dit vir sowat ‘n uur lank stadig stowe.  Haal die deksel af en laat die gereg vir ‘n verdere halfuur lank prut totdat alles gaar en die sous dikkerig is.  Laastens word die vars gekapte basilliekruid en die gerasperde suurlemoenskil bygevoeg.  Proe en geur met sout, peper en suiker.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 150 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *