Ingestuur deur Jan van Niekerk

Clover

Bestanddele:

Gekaramaliseerde uie
1 Groot ui in gehalveer en in skywe gesny
30 g Clover Mooirivier botter
3 ml Sout
15 ml Bruinsuiker
30 ml Water

Skons:
2 k Gesifde Meelblom
15 ml Bakpoeier
2 ml Sout
60 g Strooisuiker
65 g Clover Mooirivier botter
1 Eier
125 ml Clover volroom melk

Vulsel:
30 ml Basilie pesto
140 g Clover verouderde Cheddarkaas
250 g Swoerdlose streepspek gaar 1cm blokkies gekap

Metode:
Vir die uie: Smelt die botter in ‘n pan en braai die uie daarin op matige hitte tot glasig en sag.
Roer gereeld dat uie nie brand nie. Verlaag die hitte en strooi bruinsuiker oor die uie.
Braai tot klewerig raak en verwyder van die hitte en laat afkoel.

Skons:
Voorverhit die oond tot 220ºC
Spuit ‘n bakplaat met kossproei of plaas bakpapier in en spuit die papier.
Meng die droe bestanddele saam in groot mmengbak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in tot dit heeltemal gefrimmel het.
In ‘n aparte bak, klits die melk en eier saam en voeg by die meel en knie tot sagte deeg.
Plaas die deeg op meelbestrooide oppervlak en druk in bal vorm.
Rol die deeg in reghoek van 25 x 35 cm uit.
Gebruik ‘n slaplem mes en smeer die pesto oor die deeg.
Sprinkel die kaas en spekstukkies egalig oor.
Rol styf in die lengte op en druk die end goed vas dat dit nie losgaan tydens bak nie.
Sny die rol in 12 skywe van 2cm en plaas plat  in voorberyde bakplaat
Bak vir 20 minute of tot goudbruin en gaar.
Haal uit oond en plaas op draadrakkie om af te koel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 99 times, 1 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation