2Kron 33V10

**** My eie woorde:
**** In vandag se gedeelte sien ons ‘n paar interessante goedjies.
Eerstens God spreek maar die volk luister nie. Die HERE stuur die
leërmag van Assirië en hulle vang Manasse en voer hom in boeie weg
na Babel. Nou wys Manasse dat hy kennis gehad het oor wie God is
want hy smeek nie net vir genade nie, dit sê hy het hom verootmoedig
voor God en tot Hom gebid. Manasse is ‘n tipe van vandag. Mense
geniet die lewe, dis plesier en jolyt …… dan stuur die HERE ook ’n
“leërmag” van benoudheid in jou lewe en skielik besef jy, jou lewe het
Hom dringend nodig. Dit sê toe Manasse bid toe hoor die HERE, weet
net as jy Hom uit jou hart aanroep hoor Hy maar Hy verdien ook my en
jou erkenning

2Kron 33V10
En die HERE het met Manasse en met sy volk gespreek, maar hulle het
nie geluister nie. 11 Daarom het die HERE die leërowerstes van die
koning van Assirië oor hulle gebring, en dié het Manasse met hake
gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer. 12
Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die HERE sy God om
genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die
God van sy vaders 13 en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na
sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap
teruggebring. Toe het Manasse erken dat die HERE God is.
Maleagi 3:6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders
van Jakob, is nie verteer nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 5 September 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Celia Fondse 5 Sept.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 63 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *