Gemarineerde Rib-Oog Biefstuk met Spek en Sampioensous

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele
6 x 300 g Rib-oog-biefstuk
30 ml Mosterdpoeier
30 ml Braaispeserye
50 ml Suurlemoensap
60 ml Olyfolie
Metode:
Meng die bestanddele saam en gou oor die biefstuk.
Laat oornag in die yskas.
Braai soos verlang

Vir die sous
Bestanddele
50 g Botter
1 uit, Gekap
125 g Spek, gekap
100 g Sampioene, gekap
250 ml Room
30 ml Koekmeel
60 ml Mayonnaise
60 ml Blatjang

Metode:
Smelt botter en braai uie, sampioene en spek.
Voeg room, mayonaise en blatjang by en roer aanhoudend.
Verlaag hitte en voeg koekmeel by.
Laat die sous dik word.
As dit té dik raak terwyl jy wag om dit te bedien, plaas terug op die hitte en voeg melk by.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 106 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui