Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren
KORS:
65ml wit margarien gesmelt
200g gemmerbeskuitjies, verkrummel

VULSEL:
40ml goue stroop
40ml gemmerstroop​
300ml vlapoeier
40ml vlapoeier, aangemaak met
125ml styf geklitste room
75ml water
15ml gelatien, geweek in 25ml water
4 ingelegde gemmerstukke gekap

Metode
Meng die margarien en beskuitjiekrummels.  Voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deurnee van 200mm uit met die beskuitjiekrummels en bak die kors 10 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C.  Verhit die goue stroop, gemmerstroop en 300ml water tot kookpunt.  Verhit dit.  Voeg die vlapoeierpasta by die stroopmengsel en roer aanhoudend totdat die mengsel prut.  Giet ‘n klein bietjie van die warm vla-stroop-mengsel in die kastrol en roer dit totdat die mengsel weer prut.  Voeg die gemmerstukkies by en laat die mengsel effens afkoel.  Skep die vulsel in die gaar tertkors en verkoel dit in die yskas tot gestol.  Versier met roomrosies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 231 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation