Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
2 e olie,
2 uie, in skywe gesny,
2 knoffelhuisies, gekneus,
400 g gerookte ham, in blokkies gesny,
2 e koekmeel,
600 ml groente-aftreksel,
600 g bevrore wortels,
250 g bevrore groenbone,
410 g blik cannelliniboontjies.

BOLAAG:
120 g droë broodkrummels,
60 g cheddarkaas,
2 e gevlokte amandels.

METODE
Verhit oond (180°C). Soteer uie en knoffel vir 5 min. in warm olie tot sag en effens verbruin. Roer koekmeel by vir 1 – 2 min. Roer aftreksel geleidelik by en verhit tot kookpunt. Roer wortels en groenbone by. Was en dreineer boontjies. Voeg boontjies en ham by. Skep in oondbak. Meng bolaag se bestanddele en strooi oor gereg. Bak 30 minute tot broodkrummels bros en goudbruin is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation