Outydse Gemmerbier

Hierdie resep is al vanaf 1975 in gebruik in ons familie.
En nog altyd ‘n wenner in die somer.
Maklik en goedkoop om te maak.
Proe net soos ouma sin maar sonder die baie werk.

Bestanddele:
17 liter water
2,5kg suiker
3 eetl fyn gemmer
1 eetl droë gis korrels
1 – 2 handevol pit rosyne

Metode:
Gooi alles bymekaar in 20 liter emmer met deksel.
Roer tot suiker opgelos is.
Sit deksel op. Laat staan oornag.
Rosyne moet bo-op dryf – dan is dit reg
Gooi in bottels, MOENIE BOTTELS SE PROPPE TE STYF OPDRAAI NIE
Maak 18 liter gemmerbier.

Bron: onbekend.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6,076 times, 27 visits today)
Advertisements
 

3 gedagtes oor “Outydse Gemmerbier

  1. skep die opgewelde rosyne af en voeg by vanaand se bredie of geelrys

    Sit 3 droe rosyne in elke 2 literbottel voor jy hom volmaak
    as hy vol is en die prop seel deeglik sal die rosyn opkom na so ‘n uur of meer afhangende van die tempratuur
    Soddra dit gebeer sit jy al die gemmerbier so ‘n uur in die yskas dat hy ophbou gis en haal weer almal behalwe die bottel wat jy eerstw qil drink uit

     

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui