PIESANGBROOD 3

Bestanddele
2 Eiers (klits die eiers)
½ teelepel koeksoda (meng met so twee eetlepels melk)
½ koppie botter
½ teelepel vanilla geursel
3 Piesangs (maak die piesangs fyn met ‘n vurk)
¾ koppie melk
knippie sout (bietjie)
1 koppie suiker
½ teelepel bakpoeier
2 koppies meel

Metode
Sit die oond aan op 190 grade C.
Smeer ‘n broodpan of diep oondbak met botter of spuit met spray en cook.
Klop botter en suiker tot room. (Dit beteken jy moet die botter en suiker in ‘n bak gooi en meng tot dit amper ‘n vloeistof is, maar nog krummelrig.
Gooi die geklitste eiers by die botter en suiker.
Gooi die fyngemaakte piesang daarby in.
Gooi die koeksoda wat jy met bietjie melk gemeng het by die bogenoemde goed.
Gooi die vanilla geursel en knippie sout ook by.
Sif die meelblom en bakpoeier by die bogenoemde goed.
Meng dit goed.
Gooi in gesmeerde pan en bak in oond van 190 grade C vir 1 en ‘n  ½ uur. (90 minute).
Lekker eet.

Wenke
Vries piesang wat nie ge eet word nie met skil en al.
So gaar jy piesangs op tot jy genoeg het vir bak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 345 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *