Lewer 6 porsies

250 g bladspek, in blokkies gesny
60 ml ekstra suiwer olyfolie
125 ml balsemiekasyn
5 ml beesvleisaftrekselpoeier 5 ml suiker, of na smaak sout en swartpeper na smaak
I pak babaspinasie (Engelse spinasie)
250 g sampioene, in skyfies gesny I klein ui, in skyfies gesny halwe bakkie ricottakaas
60 ml dennepitte (Pine nuts), gerooster

Braai die spek in ‘n braaipan tot gaar en byna bros.
Dreineer op kombuispapier.

Vir die sous:
Voeg die olyfolie, balsemiekasyn, beesvleisaftrekselpoeier, suiker, en sout en peper by dieselfde pan.
Roer goed en verhit tot die mengsel begin prut.
Proe en voeg nog suiker, sout en peper by, indien verkies.
Skep die sous uit en hou eenkant.
Stel die slaai net voor opdiening saam.
Plaas al die bestanddele, behalwe die dennepitte en sous, in ‘n slaaibak.
Strooi die geroosterde dennepitte bo-oor en giet die warm sous oor die slaai.

Resep: Top 10 tuis kokke resepte boek

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation