Joey Hannekom
Bestanddele
2 broccoli koppe (ek gebruik hier 1 broccoli en een blomkool)
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny

Sous:
250 ml mayonnaise of 125 ml ongegeurde joghurt en 125 m mayo
100 ml kondensmelk

Metode
Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner stukkies. Kook die broccoli + blomkool en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute. Dreineer in ‘n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros. Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng die
kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai. Verkoel voor opdiening.

Wenke
Ek gooi by my broccoli slaai ook neute by. Net voor ek dit opdien strooi ek een pakkie croutons oor. Gooi gerus paar rosyntjies, gevriesde ertjies en mielies by. 1 tl kerrie by die mayo en kondensmelksous is ook heerlik

Indien jy nie die mayonaise en kondensmelk sous wil maak nie, probeer die sous.

By die sous resep is dit wys om die slaai oornag te laat staan om “te trek” vir optimale geur
Sous
125ml wit asyn
250ml suiker
250ml olie of minder
15ml droe mostert
klits alles goed saam en gooi oor slaai

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 8,997 times, 5 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation