Matt 12:35-37

Maandag 30 Okt.2017 Tema: My mond, hart en hande 1
**** My eie woorde:
****Ons praat elke dag en sê soveel goed. Tog besef mens nie altyd
hoe ontsettend belangrik dit is wat by jou mond uitkom nie. Omdat dit wat
by jou mond uitkom, eintlik blootlê wat in jou gedagtes en hart aangaan. Dan
sê die skrif dat ons van elke ydele woord eendag rekenskap sal gee in die
oordeelsdag. Kom ons gee ons woorde en gedagtes hierdie dag en week vir
Hom en vra dat Hy dit sal suiwer sodat dit wat ons sê en doen dieselfde is.
Matt 12:35-37
35 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te
voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te
voorskyn.36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense
praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.37 Want uit jou
woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Psalms 19:14 (19:15) NV Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik
wees, Here, my Rots en my Verlosser.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 30 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Antoinette Muller 30 Okt.
Ankia Prinsloo 30 Okt
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 45 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *