PAMPOENPASTEI

Anna Eksteen

Bestanddele
4x250ml pampoen in blokkies gesny, effens gekook.
250ml suiker
2 eiers
250ml meel
10ml bakpoeier
37.5ml gesmelte botter
250ml melk

Metode
Klits suiker en eiers baie goed. Voeg meel, bakpoeier en sout by. Voeg gesemelte botter en melk om die beurt by. Plaas pampoen op die boom van ‘n gesmeerde vuurvaste skottel. Gooi deeg bo-oor en strooi pypkaneel oor. Bak by 180C vir ± 45 minute. Lewer 10 porsies.

(Visited 310 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui