Tandoori-Hoender Marinade

Jan van Niekerk

Dié hoender moet vir minstens ’n dag of twee marineer. As jy dit nie dadelik daarna gaan braai nie, kan jy dit vries en saamneem op vakansie. Die kerrie is geurig, maar nie branderig nie. Enige gaar hoender wat oorbly, is heerlik in ’n koue slaai of ’n hoender-en-mayonnaisetoebroodjie.
Vir 4 | Voorbereityd 20 minute plus marineertyd | Gaarmaaktyd 20 minute

Bestanddele:
1,5 kg Hoenderdye
2 Teelepels sout
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
2 Teelepels heel koljandersaad
1 Teelepel heel komyn
1 Ui, gekap
4 Knoffelhuisies, geskil
7 cm Vars gemmer, geskil
4 Teelepels paprika
3 Teelepels garam masala
1 Teelepel borrie
1 Koppie ongegeurde dik jogurt
Vir die mangosalsa
2 Groot mango’s
Sap van 1 lemmetjie
½ Brandrissie, pitte verwyder en fyngekap
10 Mentblare
¼ Rooiui, fyngekap

Metode:
1. Maak ’n paar diep snye in elke stuk hoender en pak dit in ’n enkellaag in ’n oondbak. Sprinkel die sout oor, druk die suurlemoensap oor die hoender uit en vryf dit goed met jou vingers in die snye in.
2. Braai die koljander en komyn droog in ’n baie warm pan om die geure te ontwikkel, en maal dit dan fyn met ’n stamper en vysel.
3. Gooi die fyn speserye saam met die res van die bestanddele in ’n voedselverwerker en verpulp dit. Krap die sous oor die hoender uit, en maak seker dis ook in die snytjies. Sit dan die vleis in die yskas en vergeet vir ’n dag of twee daarvan.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 686 times, 1 visits today)
Advertisements
 

4 thoughts on “Tandoori-Hoender Marinade”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *