Hoender potjie met kluitjies

 

 Bestanddele
45 ml (3 e) olie (olyf olie)
1 kg hoenderdye
5 ml (1 t) hoenderspesery
10 ml (2 t) sout
4 lourierblare
5 ml (1 t) droë tiemie
swartpeperkorrels, na smaak
125 ml (½ k) witwyn
60 ml (¼ k) blatjang
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
6 groot aartappels, in blokkies gesny
2 groot wortels, in skyfies gesny
250 g heel knopiesampioene (kan uitgelaat word)
4-6 babamurgpampoentjies, in skyfies gesny
Sout en peper (opsioneel)

KLUITJIES
Bestanddele
250 ml (1 k) koekmeel
7 ml (1½ t) bakpoeier
2 ml (½ t)sout
60 g STORK BAKE, in blokkies gesny
10 ml (2 t) droë pietersielie
60-80 ml (¼-1⁄3 k) melk

POTJIE
Verhit die olie in ’n swaarboom-gietysterpot. Geur die dye met spesery en sout en braai ’n paar op ’n slag tot goud-bruin. Plaas al die dye in die pot; voeg die kruie, peper, wyn, blatjang en aftreksel by.
Bring tot kookpunt, bedek en laat prut 45 minute. Voeg die aartappels by, bedek en laat 20 minute prut.
Voeg die wortels by, bedek en laat 15 minute prut. Voeg die sampioene en murgpampoentjies by, bedek en laat 10 minute prut. Voeg water by indien nodig. Geur na smaak.

KLUITJIES
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die STORK BAKE met die vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die pietersielie by en net genoeg melk om ’n sagte deeg te vorm.
Skep eetlepels vol deeg in die potjie en bedek. Laat minstens 15 minute prut sonder om die deksel op te lig tot die kluitjies gaar is. (’n Mes moet skoon uit die middel kom.)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 676 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *