KERRIE MARINADE VIR SOSATIES

Bestandele
8 Uie sny in ringe
2 eetlepels Kerriepoeier
1 e Borrie
4 eetlepels Suiker
2 eetlepels Maziena
2 koppies Asyn
2 koppies Water
1 koppie Blatjang
1 koppie Appelkooskonfyt
MAAK SO:
Braai die uie, voeg Kerrie, Borrie, Suiker en asyn by, Meng die Maziena en water. Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg Blatjang en Appelkooskonfyt by. Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer. Terloops, varkvleis maak fantastiese sosaties. RUMPSTEAK is net so lekker.

MONKEY GLAND SOUS
50ml sonneblomolie
375ml uie, baie fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekneus
1 klein rooi soetrissie, in klein blokkies
250ml kookwater
25ml worcestersous
25ml bruinasyn
25ml goue bruinsuiker
2ml sout
knippie rissiepoeier of rooipeper
250ml tamatiesous
50ml vrugteblatjang

METODE:
Verhit die olie en soteer die uiedaarin totdat dit deurskynend is. Voeg die knoffel en soetrissie by en roerbraai dit ‘n minuut lank. Roer die res van die bestanddele by, bedek dit en laat prut dit 15 minute lank of totdat die sous so dik soos blatjang is. Roer af en toe. Proe en voeg nog geurmiddels na smaak by indien nodig.

BESTANDDELE
Twee rolle skilferkorsdeeg
Twee dubbelle handevol gesnipperde spinasie
Enige tipe gaar vleis, maar gerookte hoederborsies is lekker
250 gm spek
250 gm sampioene
100 gm Fetta kaas
100 gm Cheddar kaas
100 gm Mozzarella kaas
1 hoendereier
¼ koppie melk

METODE
Ontdooi die deeg vooraf en rol uit op ‘n snyplank. Braai die ui en spek en laat effens afkoel. Kerf die vleis, spinasie, kaas en rissies grof. Plaas nou eers die helfte van die rou spinasie op die deeg, pak dan die vleis op, dan die spek en uie gevolg deur die sampioene. Sprinkel so nou en dan ‘n bietjie van Ina Paarman se Rosemary en Olive speserye en swart peper op – nie sout nie.  Die bestanddele is sout genoeg. Nou volg die drie kase en laastens word alles afgerond met die ander helfte van die spinasie.
Sit die boonste laag deeg op en vou die rante dig toe.  Dit is nogal ‘n hoë hopie bestanddele, maar druk dit maar vooraf ‘n bietjie plat en sit dan die deeg op.  Verf die deeg met ‘n mengsel van eier en melk.

Gebruik ‘n toebroodjierooster met randjies en braai die pastei nie te laag op die kole nie.  Draai gedurig om en braai vir ongeveer 20 minute tot die deeg mooi bruin is.  Sny in porsies en geniet dit.
Vir ‘n vegetariese pastei kan die vleis net uitgelos word.  Dis steeds heerlik.   Maak ook jou eie kombinasies op.

Barbecue Grill flame BBQ

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 493 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation