Ontbyt Sake

Ons almal leef so gejaagd dat ons nie meer tyd maak vir die belangrike ete van die dag nie, ek is self skuldig daaraan.

ONTBYT DRANKIE

Picture

ONTBYT DRANKIE
3-4 piesangs
1 blik (410 g) mango’s óf koejawels, gedreineer
250 ml natuurlike jogurt
Sowat 100 ml melk
250 ml muesli
Handvol kruisementblare
METODE: 
Plaas die piesangs, mango’s óf koejawels, jogurt en melk in ’n voedselverwerker óf versapper en pols die drankie tot fyn. Deel die muesli tussen 4-6 glase en giet die drankie bo-oor die muesli.
Garneer met kruisementblare en sit voor.

ONTBYT JAFFEL

ONTBYT JAFFEL
BESTADELE:

75 ml botter, gesmelt
400 g sampioene, fyngekap
1 groot ui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
12 snye witbrood
12 skyfies gerookte ham
6 eiers
METODE:
Verhit 25 ml van die botter in ‘n braaipan en braai die sampioene en uie tot sag en glansend. Geur met sout en swartpeper.
Smeer snye brood met botter
Smeer of spuit jou jaffel pan en laat hy solank warm word op die plaat.
Bak die eiers dat jou wit net geset is (nog redelik sag)
Pak dan 1 skyfie ham op die brood, van die sampioenmengsel bo-op dan die eier dan weer ‘n skyfie ham (ham kan ook gesnipper word indien verkies)
Maak die toe met die ander snytjie brood (botterkante na buite) en sit in jou jaffel pan. Sny oortollige brood wat uitsteek af.
Haal uit wanneer ligbruin aan beide kante
VARIASIE: Jy kan die sampioen mengsel uitlaat en kaas gebruik.
GEBRAAIDE AARTAPPEL KOEKIES (HASH BROWNS)
4 aartappels, geskil
3 sprietuie
1 eier
sout en peper
olie vir braai
Geposjeerde eier
8 eiers
80 ml (⅓ k) water
2,5 ml (½ t) asyn
Spekvleis en GEBRAAIDE tamaties met gerasperde kaas, en eiers (kan gebraai of ge-scramble wees), vir die honger manne, kan boerewors ook saam hierdie hash browns bedien word. Maak ook blikkie baked beans warm en braai een ui, voeg die ui by hierdie warm baked beans.
METODE: 
Rasper die aartappels en druk oortollige vloeistof uit.
Meng dit goed in ’n bak met die sprietuie, eier, sout en peper.
Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte.
Wanneer dit warm is, skep lepels vol van die aartappelmengsel in en druk dit plat om koekies te vorm.
Draai om en bak tot bros.
Geposjeerde eiers
Breek ’n eier in ’n mikrogolfbak en gooi die water en asyn versigtig in.
Bedek die bak met ’n bord. Sit dit in die mikrogolf en kook 30 sekondes op 80 %-krag.
Kyk of die eier gaar is en skep dit met ’n gaatjieslepel uit.
Sit die geposjeerde eier op die aartappelkoekies voor saam met spekvleis en kruie.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 277 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *