Pynappel tert met n verskil

Bestanddele
1 blik ingemaakte pynappelstukke
1 blik kondensmelk
2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 klein blik Idealmelk
1 pakkie pynappeljellie

Metode
Kook stroop van pynappelstukke en jellie saam. Laat afkoel. Sny pynappelstukkies kleiner en maak fyn.
Roer kondensmelk, Idealmelk en fyngemaakte pynappel by die stroop. Pak ‘n laag beskuitjies en gooi ‘n lagie van die mengsel oor en dan weer ‘n lagie beskuitjies, ens. Smeer ‘n laag vulsel oor en rasper beskuitjies bo-oor of versier met room.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 780 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *