GROENBOONTJIES
Bestanddele
500gram (of neer)  groenbone – sny in stukkies
1 Ui
2 Aartappels

Metode
Sny die aartappels en ui by die bone en laat kook tot groente sag is, maak fyn met ‘n stukkie botter en geur met sout en peper.

GEELWORTELS
Bestanddele
4 geelwortels
1 aartappel
1 ui

Metode
Kook groente sag. Maak fyn met botter en sout en peper

PAMPOEN POFFERTJIES
Bestanddele
250ml meel,
25ml suiker,
10ml bakpoeier,
250ml gaar koue pampoen,
1 eier, geklits,
50ml melk.

METODE
Sif meel, suiker en bakpoeier saam. Voeg pampoen, melk en eier by en meng goed. Braai lepelsvol in warm olie en dreineer op kombuispapier. Gooi sous oor poffertjies.

SOUS:
1 kop suiker,
60ml botter,
1 kop water,
1 kop melk,
25ml vlapoeier.

Metode
Braai suiker en botter in kastrol tot goudbruin. Roer water versigtig by en dan die melk. Roer aanhoudend tot karamel gesmelt is. Maak vlapoeier aan met klein bietjie water en roer by res van sous.
Roer tot sous verdik

Vleis met kluitjies,

Bestanddele
maer of ekstra maer beesvleis
sout en peper na smaak
2 uie fyn gekap
6 Wortels, sny in klein, konsekwent-grootte stukke
5 medium Aartappels, geskil en gesny in blokkies
1 pak bevrore groen ertjies (klein pak)
water om beesvleis te bedek
2 blokkies vleis aftreksel
2 gesnyde tamaties

Metode
Braai uie en vleis tot mooi bruin, voeg reg van die bestandele by en kook op stadig, kan ook in slow cooker sit op medium, net voor opdiening maak die kluitjies en plaas dit bo-op die vleis gereg, en kook tot kluitjies gaar is.

Kluitjies, 
1 koppie koekmeel
60ml botter,
7ml bakpoeier,
2ml sout,
2ml kruie enige gemengde kruie of pietersielie,
60ml melk,

Metode
Gooi al die droee bestanddele in ‘n bak, sit die botter by en vryf dit in met jou vingerpunte, wanneer als mooi gemeng is gooi die melk by, vou die bestanddele saam tot deeg vorm, moet dit nie oormeng nie, rol in balletjies van jou keuse, sit die balletjies in jou stew, sit deksel op en laat prut vir 15min, moenie die deksel oplig tot die 15min verby is nie.

 

Souskluitjies, 

Bestandele:

4 eetl hoogvol meel

1 eetl botter

1 eetl suiker

1 eier

1 tl bakpoeier

1 tl sout

1 eetl Melk om eier  aan te maak

Merode:

Klits botter en suiker

Meng meel, bakpoeier en sout

Klits eier saam met ‘n bietjie melk, so 1 eetl melk

Voeg eier by botter mengsel, meng goed voeg meel mengsel by.

Meng tot gladde pasta – dit moet ‘n stywe deeg wees sodat jy lepels vol kan skep.

Vat pot en gooi 2 kop kookwater in – skep lepels vol in en SIT DEKSEL OP EN HOU TOE VIR 2 MINUTE. Moenie oopmaak nie. (met elke baksel gooi jy die water sous oor die mengsel en begin van vooraf met die volgende baksel, jou water moet kook as jy die mengsel inskep)

Skep uit in bak, gooi water/sous  wat nog in die pot is ook… bo-oor   strooi suiker en kaneel bo-oor en stip klontjies botter ooral

Maak volgende baksel en pak bo-op die ander kluitjies, weer met die orige water/sous, kaneel suiker en botter.

As jy dit die volgende dag weer wil warm maak, sit dit in die oond op so 80 grade – dit moet rustig weer warm word vir die ete

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,328 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation