CHRISTIAAN SE HOENDERNOEDELSOP

Besonderhede
30 ml olie
1 groot ui, fyngekap
2 preie, in dun skywe gesny
4 hoenderfilette, in blokkies gesny
6 groot wortels, geskraap en in dik skywe gesny
3 ml kerriepoeier
500 ml hoenderaftreksel van goeie gehalte (tuisgemaak of gekoopte sakkies)
1 liter kookwater
500 ml rou noedels
1 blik (400 ml) klappermelk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode
Verhit die olie in ‘n groot pan en soteer die ui en preie daarin.
Voeg die hoender by en braai tot effe bruin.
Voeg die wortels en kerriepoeier by en roer goed deur.
Voeg die hoenderaftreksel en kookwater by.
Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer 30 minute.
Roer die noedels in en laat prut tot die noedels sag is.
Voeg die klappermelk by en roer deur.
Proe en geur met sout en swartpeper, indien nodig.
Roer die pietersielie in en sit voor met lekker vars brood.
Lewer 6 porsies

Resep uit: Christelle Otto, Stellenbosch. Leserskring spogresepte

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 214 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *