Volharding 3

Woensdag 24 Jan. 2018 Tema: Volharding 3
**** My eie woorde
**** Om te volhard is verseker nie maklik nie. Daar kom tye waar ’n atleet voel …nou is dit genoeg, die wind van voor is te sterk en die hitte te kwaai, ek kan nie meer nie. Dan staan daar iemand langs die baan wat skree “komaan jy kan dit doen” Wat is die teëstand in jou geestelike lewe waar jy al gevoel het , dis nou genoeg, dis te erg ek kan nie meer nie . Dan kom die woord tot ons moenie in jou gemoed vermoeid raak en verslap nie. Hoe? Dink aan Christus, Hy het nie opgegee totdat Hy Sy opdrag om ons sondes te kom dra uitgevoer het nie . dis dan jou woord vir die res van hierdie week …Volhard ..hou aan , moenie opgee nie
Heb 12V3-4 Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 24 Januarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag
Sandi Morris 24 Jan
Wikus 24 Jan.
Doret Willemse 24 Jan
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 73 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui