Sy beskutting 4

Donderdag 8 Maart 2018 Tema: Sy beskutting 4

**** My eie woorde

****Vanoggend se teks het my my diep getref.  Hoeveel keer maak ons planne en neem besluite geïnspireer deur emosie van die oomblik, sonder om die HERE te raadpleeg, of ons raadpleeg diegene wat in “Egipte” is in sonde en afgodsdiens.  Dan sê dit dat ons selfs met diegene in Egipte ’n ooreenkoms aangaan en die woord sê dit is, is nie uit Sy Gees nie en dit stapel sonde op. Dit laat my opnuut besef, ek en jy kan so maklik dink af ek is darem nie te sleg nie, maar wanneer ek my teen God se standaard meet skiet ek so ver tekort.

Jes. 30 1  Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat ‘n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat ‘n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel; 2 wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.

Jer. 16:19  o HERE, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie.

Matt 5:3 (NV) “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 8 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)

Van Heeres 8 Mrt

Annie Keib 8 Mrt.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 55 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *