Vrydag 9 Maart  2018 Tema: Sy beskutting 5

**** My eie woorde

**** Vandag sien ons dat die HERE ook Sy engele gebruik om ons te dien en om ons te bewaar. Soos ek altyd sê, is dat vele van God se beloftes voorwaardes het wat ons moet nakom. Ek sien en hoor  so dikwels dat mense hulle beroem op God, maar hulle lewens en die vrugte wat hulle dra pas nie daarbý nie. Daarmee weet ek dat nie een van ons volmaak is nie, maar die HERE sê die boom sal aan sy vrugte geken word.  Nou kom sê die wyse man wysheid is ’n beskutting en daardie wysheid is nie om kennis te hê en intelligent te wees nie, nee Job sê die vrees van die HERE is wysheid en om van die kwaad af te wyk is verstand.

Heb 1:13  En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? 14  Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Ps 91:11  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.

Pred. 7:12  Want wysheid is ‘n beskutting, geld is ‘n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.

Job 28:28  Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

Spr.29:25  Die vrees vir die mens span ‘n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 9 10 &11 Maart  2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dagJ

Alta Rossouw 9 Mrt

Louise Geyer 9 Mrt

Butch Dupper 9 Mrt

Erika Malan  9 Mrt

Christa Phillander 9 Mrt

Kiana Wessels 9 Mrt.

Amor Joubert 10 Mrt

Hennie de Bruin 10 Mrt

Annatjie Harmse 10 Mrt

Sureta Heyns  10 Mrt

Sylvia Boys 10 Mrt

Talana v d Westhuizen 10 Mrt

Zelda du Plessis 11 Mrt

Leani  Viviers11 Mrt

Johanna Kruger 11 Maart

Cobie Hattingh 11 Mrt.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 39 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation