Okkie Jansen van Vuuren

Dis ‘n heerlike resep vir ‘n styselgereg. Sny in klein skyfies en sit voor met ander groente en die hoofgereg.

Bestanddele
500g aartappels, geskil
sout en gemaalde swartpeper
175g uie, geskil en gekap
25g botter
15ml olyfolie
225g wortels, gerasper
30ml gemengde kruie, gekap

Metode
Smeer ‘n losboompan van 20cm en verhit die oond tot 190C. Sny die aartappels baie dun in die dwarste, en rangskik die helfte van die skywe onder in die pan. Geur goed met sout en peper. Braai die uie in die botter en olie tot goudkleurig. Meng met die gerasperde wortels en gekapte kruie. Druk die mengsel op die aartappels en geur weer. Bedek met die res van die aartappels en borsel met gesmelte botter. Bak 30 minute lank in die warm oond. Toets met ‘n skerp mes of die aartappels gaar is. Verwyder die kante van die pan en plaas die koek nog 5 minute lank in die oond. Sny soos ‘n gewone koek en skep op borde met ‘n koekspaan. Lewer 8-12 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 419 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 Thoughts on “AARTAPPEL EN WORTEL GEREG (KOEK)

  1. Pieter on Augustus 7, 2018 at 8:48 NM said:

    Daar is iets verkeerd met hierdie resep. Dit lyk en proe nie soos ‘n koek nie. Myne wat ek presies soos in die resep voorgestel en dit is net gaar slaai! Moet daar nie ‘n bietjie koekmeel of iets dergeliks bykom om die spulletjie te bind nie?

     
    • Pieter. Hier verwys koek na ‘n aartappel en groente koek. Hoekom is ek nie seker nie, maar vermoed dit is omdat die aartappel gereg soos ‘n koek uitgekeer en gesny word.

      Ek het ook op die vlogende resep afgekom wat jou ‘n idee kan gee om die resep miskien bietjie op te kikker.

      Ingredients
      250 g streaky bacon, diced 2 Tbs Dijon mustard 5 g fresh rosemary 2 Tbs butter, softened 1 kg large floury potatoes 1 cup cream 1 cup chicken stock sea salt and bleck pepper

      Method 01:10

      Preheat the oven to 180ºC. Sauté the bacon in a pan until crispy, add the mustard and rosemary and sauté for another minute. Remove and set aside. Peel and slice the potatoes on either a mandolin or with a sharp knife.

      Grease an ovenproof dish with the butter, place a layer of potatoes on the base of the dish, top with a dollop of the bacon mixture and season well. Repeat until you have 4 layers.
      Pour the cream and stock over, place the dish in the oven and bake for 1 hour.

       

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation