AARTAPPELPATEE

Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
500g aartappels, gaar en fyngedruk
340g lewerwors
5ml uie, gekap
25ml mayonnaise
25ml dik room
5ml brandewyn of suurlemoensap

Metode
Klop die lewerwors met ‘n houtlepel totdat dit sag en romerig is, of gebruik ‘n menger. Voeg die ander bestanddele by en klop die mengsel 1 minuut goed totdat dit glad en romerig is. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bakkie, bedek dit met foelie en plaas dit oornag in yskas. Ontvorm en dien saam met rogbrood en ‘n tamatie-en-uieslaai op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 109 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui