Beeshaas (steak) en niertjies met kapokaartappels en peper sous – nie n pasteitjie nie

SKILLIE SE BEESHAAS EN NIERTJIES MET KAPOKAARTAPPELS
LET WEL HIERDIE IS NIE ‘n PASTEI NIE

BENODIG
1 X KILO KRUISSKYF IN HAPGROOTTE  GESNY BIETJIE VET AAN ( OF GOULASH)
2 X UIE  FYNGESNY
500gr SKOONGEMAAKTE SKAAPNIERTJIES (PYPIES VERWYDER) EN VELLETJIES AFGETREK EN
OOK IN BLOKKIES GESNY
BIETJIE KOOKOLIE
SOUT EN PEPER NA SMAAK
1 X PAKKIE BRUIIN UIESOP
2 X OPGEHOOPTE EETLEPELS BISTO
4 X GROOT AARTAPPELS IN BLOKKE GESNY EN OPGEKOOK
BIETJIE MELK
TEELEPEL KOEKSODA
2 X EETLEPELS BOTTER
INDIEN VERKIES OM  PEPER BEESHAAS TE MAAK KAN LEKKER PEPERSOUS BYGEVOEG
WORD EN SAAM DEURGEKOOK WORD (EK HEG MY PEPERSOUS RESEP ONDERAAN VIR
JOU GEMAK EN GOEIE SMAAK)

METODE
1)    PLAAS DIE GESNYDE NIERTJIES IN ASYNWATER VIR ONGEVEER 30 MINUTE EN SPOEL GOED AF
2)    BRAAI DIE UIE TOT GAAR EN LIGBRUIN IN DIE KOOKOLIE
3)    VOEG VLEIS BY EN BRAAI TOT BRUIN
4)    LAAT DIE VLEIS NOU IN SY EIE SAP KOOK OOR LAE HITTE TOT AMPER GAAR
5)    ROER NOU DIE NIERTJIES BY EN LAAT KOOK TOT  GAAR
6)    MENG NOU DIE BISTO EN SOP IN 350ml WATER
7)    VOEG BY DIE VLEISMENGSEL EN LAAT STADIG PRUT VIR ONGEVEER 30 MINUTE
8)    NEEM INTUSSEN DIE WARM GAAR AARTAPPELS EN VOEG SOUT EN PEPER BY
9)    SKEP DIE BOTTER BY , GOOI MELK OOR EN DRUK FYN OM KAPOK AARTAPPELS TE MAAK.
10)    ROER NOU DIE KOEKSODA GOED DEUR DIE AARTAPPELS (MAAK AARTAPPELS LIG EN ROMERIG)
11)    SKEP NOU DIE KAPOK AARTAPPELS IN BORD EN SKEP DIE VLEISMENGSEL BO-OP
12)    BON APPETIT

SKILLIE SE PEPERSOUS

4 X EETLEPELS KOEKMEEL
2 LITER WATER
250gr BOTTER/MARGARINE
1 X TEELEPEL  FYN SWARTPEPER
3 X EETLEPELS VOL VARS GROF GEMAALDE SWARTPEPER.
½  TEELEPEL GEDROOGTE GEMAALDE RISSIES.
1 X EETLEPEL MOSTERTPOEIER
SOUT NA SMAAK.

1)    SMELT DIE BOTTER OOR LAE HITTE
2)    VOEG NOU DIE MEEL BY TERWYL GEROER WORD.
3)    VOEG NOU DIE WATER  STADIG BY
4)     ROER GOED TOTDAT AL DIE KLONTE OPGELOS EN GEBREEK HET.
5)    ROER NOU DIE PEPER , RISSIE, MOSTERTPOEIER  EN SOUT BY EN KOOK OOR LAE
HITTE VIR 10 MINUTE TERWYL GEROER WORD
6)   INDIEN DIKKER SOUS VERLANG ROER BIETJIE MIELIEBLOM BY TOT VERLANGDE
DIKTE VERKRY IS ONTHOU NET SOUS WORD DIKKER WANNEER AFGEKOEL EN KOUD IS.
7)    GIET DIE WARM SOUS IN GESTERILISEERDE GLASBOTTELS, VERSEëL.
8)    WAS BOTTELS EN LAAT  HEELTEMAL AFKOEL.
9)    BêRE IN ‘n KOEL PLEK TOT BENODIG.
10)    PLAAS IN YSKAS NA OOPMAAK.

Met vergunning van Peet Mulder

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 142 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui