FRIKKADELLE IN BIERSOUS

frikkadelle

frikkadelle
2 snye witbrood
2 uie
500g wors vleis (gemaal) (maalvleis gemeng met vet en kruie)
500g maer maalvleis
(of gebruik 1kg maalvleis)
12.5ml vars, fyn tiemie
12.5ml vars, fyn pietersielie
2 eiers
‘n lekker knyp neutmuskaat
sout en swartpeper ± ½ teelepel elk
80g botter
2 heel grasuie
4 toontjies vars knoffel
12.5ml meelblom
1 bier

WENK
(As jy moet, gebruik milkstout met ‘n knypie suiker)

Week die brood in water en druk die water dan goed uit.
Krummel die brood eweredig.
Snipper die uie fyn en werk dit deur die maalvleis saam met die tiemie, pietersielie, eiers, neutmuskaat, sout en swartpeper.
Vorm 6 groot frikkadelle daarvan.
Smelt 50g van die botter en braai die frikkadelle mooi bruin rondom.
Hou eenkant.
Snipper die grasuie en maak die knoffel fyn.
Roerbraai ligweg gaar in die res van die botter.
Bestuif met die meel en geur met nog sout en peper (na smaak).
Voeg die eier by en laat alles, met die deksel op, op die stoof prut vir 10 minute.
Plaas die frikkadelle daarin en laat stowe ongeveer 30 minute bedek op die stoof.
Draai gereeld om.
Verbruin dan onder die rooster vir ‘n paar minute en bedien.
Lewer 6 porsies.
 

Met vergunning van Anna Eksteen

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 197 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *