Suurlemoen bloubessie (blueberry) skons

Vir die skons:
2 1/3 koppie (300g) koekmeel
1/4 koppie (56g)  suiker
2 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel koeksoda
1/4 teelepel sout
8 eetlepels (1 stokkie (stick), 4 onse) ongesoute botter, in 2cm blokkies gesny
3/4 koppie (170g) volroommelk Griekse jogurt
1 groot eier
170 gram (6 ounce) houer vars bloubessies,  gespoel en gedroog

 

 

 

Vir die glassuursel:

1 eetlepel suurlemoenskil, uit 1 medium suurlemoen
2 eetlepels suurlemoensap, uit 1 medium suurlemoen
1 koppie (120g) versiersuiker

Spesiale toerusting:
Voedselverwerker

Om die scones sonder ‘n voedselverwerker te maak:
Klits die droë bestanddele in ‘n medium mengbak.
Gebruik ‘n deeg hak of K vorm om die botter in die meelmengsel te werk totdat die mengsel sanderig lyk met slegs die klein bolletjies van botter wat nog oor bly.
Gooi die geklopte jogurt en eiermengsel bo-oor, en gebruik ‘n houtlepel of deeg klits om die nat en droë bestanddele te meng.
Vou die bloubessies in.

Maak die deeg in ‘n voedselverwerker: Meet die meel, suiker, bakpoeier, koeksoda en sout in ‘n voedselverwerker.
Proses die bestanddele om hulle goed te meng.

Sprinkel die blokkie botter oor die meelmengsel en verwerk die mengsel in 1 sekonde pulse totdat die botter nie meer sigbaar is nie en die mengsel effens sanderig lyk.
In ‘n ander mengbak, klits die yoghurt en eier saam tot daar geen eiergeel strepe is nie.

Gooi die mengsel in die voedselverwerker met die meel en botter.
Begin die voedselverwerker vir sowat drie sekondes, totdat al die meel geabsorbeer word en die deeg begin om van die kante van die bak af weg te kom.

Vou die bloubessies in: Draai die deeg uit op ‘n lig meel bestrooide oppervlak.
Sprei die bloubessies bo-oor en vou die deeg ‘n paar keer met ‘n spatel om dit bymekaar te bring
(Jy kan dit ook in ‘n aparte mengbak doen in plaas van op die toonbank, as jy verkies.)

Vorm die deeg in skywe
Met ‘n bakskraper of mes, verdeel die deeg in die helfte en klop dit in twee skywe, sowat 1.5cm by 14cm (jy kan die lengte van jou hand as ‘n gids gebruik).
Vou die deegskywe in plastiek wrap en verkoel vir minstens twee uur, of tot 24 uur.
Voorverhit die oond tot 175C of 350F:
Voer  ‘n bakplaat uit met ‘n silikonbakmat of bakpapier.

Sny die deeg in skywe en sny elkeen in agt wiggies (16 wiggies totaal).
Plaas die wiggies ‘n 2cm uitmekaar op die bakplaat.
Probeer om nie die kante aan te raak of die skons te veel te hanteer soos jy dit hanteer nie, anders rys dit nie mooi uit nie.
Bak die skons vir 15 tot 18 minute totdat dit effens bruin is.

Maak die glans versiersel: Terwyl die skons bak, klits die suurlemoenskil, suurlemoensap, en versiersuiker saam in ‘n klein bak.
Die glans moet dik maar loperig wees; voeg bietjie suurlemoensap (of melk of water) by 1 teelepel op ‘n slag indien nodig.
Plaas die warm skons op n afkoel rak met waspapier of bakpapier onder die afkoelrak.
Terwyl die skons nog warm is, drup elkeen met ‘n teelepel glans.
Laat die skons afkoel tot die glans effens verhard het, sowat 30 minute.

Bron:   simplyrecipes.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 151 times, 1 visits today)
Advertisements
 

1 thought on “Suurlemoen bloubessie (blueberry) skons

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *