Vrydag 13 April  2018 Tema: Jy sal hierdeur kom 5

**** My eie woorde

**** Die HERE belowe ’n loon. My werke red my wel nie, maar wanneer ek in Christus is en ek deurstaan die toetse en oorwin in die swaar tye, sal ons die kroon van die lewe ontvang. Dit was immers die doel waarom Christus gekom het, nie net om ons te verlos nie, maar ook om vir ons te kom wys ek en jy kan deur Sy krag oorwin.  Wat is jou toets wat is jou beproewing? Jou man, jou verslawing, jou huwelik, jou siekte, jou werk, jou kinders, jou familie, jou finansies ….. God se antwoord vir my en jou vandag is steeds:  Jy sal en kan hierdeur kom, want Hy het gekom juis om diegene te soek en te red wat verlore is. Onthou dit gaan nie maklik wees nie, maar dit is en sal altyd die moeite werd wees. Wat ek en jy doen en leef is nie om ’n loon te kry nie al word dit oor en oor belowe. Wat ons doen, is omdat Christus ons harte van klip verander het in ’n sagte hart van omgee geloof en genade.

Jak 1:12  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom lief het. V13  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

2Tim_3:1  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

Luk 19:10  Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Heb_10:37  Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.

Open 21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

GEBED vir VANDAG

Onse Vader baie dankie dat U juis vir sondaars gekom het. Dankie, dat U hierdie week weer U woord vir ons vasgemaak het deur te sê “Ek sal daardeur kom” wat dit ook al mag wees. Stuur U engele om oor ons die wag te hou .In Jesus Naam. Amen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 64 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 Thoughts on “Jy sal hierdeur kom 5

  1. Eleen Booyse on April 24, 2018 at 9:34 AM said:

    Sal graag jul dag stukkies per email wil ontvang.

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation