Wag ’n bietjie 3

Woensdag 18 April 2018 Tema: Wag ’n bietjie 3

**** My eie woorde

**** Ons het al almal ervaar hoe opgewonde mens op iets kan wag. ‘n Mamma wag 9 maande vir haar nuwe baba of as jy met vakansie gaan al die voorbereiding en afwagting. Dan is daar die kere wat jy wag maar jy weet nie of dit gaan realiseer nie, dink maar aan daardie nuwe werk aansoek. Jy bly wag en hoop. Dit is wat geloof is, ‘n onwrikbare hoop in Jesus Christus en Sy woord  omdat Hy so gesê het.

Rom 8:24  Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?  25  Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons .daarop met volharding.

Joh.14:3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Mat 25:31  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; V32  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;

**** Kom ons wag met volharding en bly gereed omdat Hy belowe het Hy kom ons haal. Wat gaan ons antwoord wees daardie dag wanneer Hy die skape en die bokke van mekaar sal skei

Joh.20:28  En Thomas antwoord en sê vir Hom: My HERE en My God !     OF

Open 6 :16  en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

GEBED vir VANDAG (C)

Onse Vader wat ’n wonderlike wete dat U altyd U beloftes nakom. Dankie, dat ons in geloof kan wag al sien ons niks. Dankie, vir die belofte dat U weer gaan kom omdat u dit belowe het . Mag ek en elkeen wat vandag hier lees onder U skape gereken word. Ek bid vir elkeen wie se naam met die letter C begin. Mag hulle vanoggend omstraal word met U teenwoordigheid en daardie seker wete dat U by hulle is. In Jesus Naam .Amen. Geseënde daggie vir almal

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui