Wag ’n bietjie 4

Donderdag 19 April 2018 Tema: Wag ’n bietjie 4

**** My eie woorde

**** Ek het iewers die verhaal gehoor van die seuntjie wat by ’n straathoek gewag het vir die bus. Die bushalte was twee blokke verder en die bus het beslis nie daar op die hoek stilgehou nie. Almal wat verbygeloop het, het hom reggehelp en gesê die bus gaan nie hier stilhou nie.  Hy het maar net geglimlag en ewe geduldig bly staan en wag. Waarlik toe die bus kom hou dit by hom stil en toe die bus by die bushalte stilhou wil almal weet hoe het hy dit reggekry? Met ’n groot glimlag het hy geantwoord: “My Pappa is die busbestuurder”

Rom 12V11  wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;  12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

Mig 7:7 Maar ek sal uitsien na die HERE, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.

**** Kom ek en jy wag met net soveel afwagting nie net omdat ons Hom ken wat ons gemaak het nie, maar omdat Hy ons met Sy eie lewe terug gekoop het. Waarlik kan ek en jy ook antwoord ….My Vader is die Hemelse Koning en ek is Sy kind.

GEBED vir VANDAG (D)

Onse Vader baie baie dankie vir so ’n voorreg om U kind genoem te word. Baie dankie dat U bereid was om U Seun in ons elkeen se plek te laat sterf sodat ons die Ewige lewe kan ontvang Help ons vandag om nie net geduldig te wees in die loop van die dag nie, maar ook om op U te wag in elke saak. Ek dra spesiaal vanoggend elke persoon op die poslys aan U op wie se naam met die letter D begin . Onse Heer kyk in hulle elkeen se hart en hoor elkeen se gebed volgens U wil en wete. In Jesus Naam .Amen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 101 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 gedagtes oor “Wag ’n bietjie 4

  1. Dankie vir die opdra van die letter D my dogter Daleen haar man het
    die die 24Februarie op pad na `n wegspringplek van `n fiets resies

    iemand hom raakgery en weggejaag Daarom baie dankie vir die gebede.

     

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui