Vrydag  20 April  2018 Tema: Wag ’n bietjie 5

**** My eie woorde

**** Gister knoop ek sommer so ’n geselsie met ‘n karwag omie aan. Ek sê vir hom die winter kom nou vinnig nader. Sy antwoord was: “ja Mevrou maar dit sal ook verbygaan” Toe sê ek: “dit is so alles gaan verby, niks is blywend en ewig op hierdie aarde nie, maar eendag sal alles ewig blywend wees in die Koninkryk van die hemel”. Ek het lank nagedink oor die gesprek en die wyse woorde …”maar dit sal ook verbygaan “ Dis my woord ook vir jou vanmôre: Dit waardeur jy nou gaan …. dit sal ook verbygaan. Vanoggend is daar dalk vreugde en blydskap in jou hart of dalk het jy moed nodig vir iets wat nou oor jou pad gekom het. Dalk is daar ’n dwelmslaaf in jou gesin of miskien spartel jy met ’n tiener in jou huis. Die finansies of jou huwelik wat wankel. ;Miskien is dit jou eensaamheid wat jou vang. Wat ook al dit is onthou net een ding vanmôre …dit sal ook verbygaan. Kom ons bly geduldig soos die woord ons leer.

Jak 5:7  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. v8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.

1Thess 4:16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.18  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

GEBED vir VANDAG (E)

Onse Vader ons kyk terug oor die woorde van die afgelope week en ons weet daar is tye waar U sê “Ja,” daar is tye waar U sê: “ Nee” maar dan is daar daardie tye waar U sê “ Wag ’n bietjie “ Help elkeen van ons vandag om in geloof geduldig te wag wanneer U dit vra. Ek bid vir elkeen op ons poslys met die letter (E) Wil U vanoggend ’n oomblik by hulle stilstaan en hulle opnuut verseker dat U ’n hoorder van gebed is . Ek vra dit in Jesus se Naam . Amen.

**** Geseënde naweek vir julle almal . Tot Maandag as ons gespaar bly

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 138 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation