Ken ek Hom 2

Dagstukkies deur Lente Nagel

Dinsdag 22 Mei.2018 Tema: Ken ek Hom.2

****My eie woorde

**** Onthou jy toe Petrus Jesus verloën het deur te ontken dat hy Hom ken. Ek en jy antwoord dadelik: “ hoe kon Petrus dit doen?” Tog doen ons dit daagliks nie noodwendig deur ons woorde nie maar deur ons dade.  Ons het ‘n verkleurmannetjie godsdiens … ek verkleur na die omgewing waarin ek op daardie oomblik is. Wie wil dan nou anders wees as die res?  Wanneer iemand ’n vuil grap vertel lag ek lekker saam en vertel dan ’n beter een. Mens hoor soms mense sê : “ As dit ’n Christen is, wil ek liewer nie een wees nie” Die hartseer deel is ons meet ons aan ander mense wat sondaars is soos ek en jy. Ek wonder as Jesus sou sê : “ As jy My kind wil wees sal jy weer moet dink ….” Nee, al verloën ons Hom en ons draai terug in berou, vou Hy ons toe in Sy Genade

Lukas 22:57  Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.

Lukas 12 V 8  En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God. 9  Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God.

1Joh 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader wat in die hemele is, mag ons elkeen vandag U Naam vereer deur ons lewens. Vergewe ons waar ons wetend of onwetend U verloën het en wees ons genadig. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter B . Ek vra dat U vandag in hulle harte sal kyk daar waar niemand sien nie en dat U hulle uitroep na U sal hoor en verhoor. In Jesus se Naam Amen.

****Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 41 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui