Ek weet nie…1

Maandag 11 Junie.2018 Tema: Ek weet nie…1

**** My eie woorde

**** Elkeen van ons het hierdie woorde al geuiter…. “ek weet nie” Dit wat daarop volg kan enige iets wees. Ek weet nie waar dit is nie, ek weet nie waarheen nie, ek weet nie wat om te doen nie, ek weet nie of die Here my hoor nie en so kan ons aangaan. Toe die Here met Abel praat gebruik hy juis die woorde om sy skuld weg te steek, want dit was ‘n blatante leuen. Natuurlik het hy geweet waar sy broer is, hy het hom dan self doodgemaak. God het Kain ’n kans gegee om te bely en reg te maak, maar hy wou nie. Onthou net dit God weet ALLES. Hy is die enigste antwoord op al ons vrae. Praat met Hom!!!

Gen. 4:9  Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?

Joh.21:17  Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

GEBED vir VANDAG P

Onse Vader baie dankie dat ons almal weer vanoggend hierdie dag met U kan begin. Hoe wonderlik om te weet U weet alles en ons kan U enige iets vra, U ken die antwoord. Miskien is daar mense vir wie U vanmôre vra ….Waar is jy? U weet waar hulle is maar U wag op hulle antwoord. Vanmôre bid ek vir ons land en al die mense wat deur die vyand gebruik word om te verwoes. Wil U in die kragtige Naam van Jesus die vyand in bedwang hou. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter P Mag hulle soos Petrus U antwoord HERE ek het U waarlik lief help my. In Jesus se Naam Amen.

****Mag julle ’n geseënde week en wonderlike dag geniet.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *