Ek weet nie 4

Donderdag 14 Junie 2018 Tema: : Ek weet nie 4

**** My eie woorde

**** Miskien het jy ook al gevoel jy weet nie wat om te bid nie. Ons Hemelse Vader het vir ons ’n hulp daarvoor gestuur naamlik die Heilige Gees. Wanneer ek en jy ons eenvoudige gebedjie opsê dan bied Hy dit aan ooreenkomstig die wil van God. Terwyl jy bid praat Hy in jou gedagtes en help Hy ons . Daarmee saam die kosbare en bekende belofte dat alles ook vandag vir jou ten goede sal meewerk.

Rom 8:26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 27  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. 28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

GEBED vir VANDAG S

Onse groot en Ewige Hemelse Vader, vanmôre kan ons saamstem dat ons nie altyd weet hoe en wat om te bid nie . Baie dankie vir Heilige Gees wat in ons gedagtes kom werk en wat vir ons intree met die regte woorde volgens U wil . Ek bid vanmôre vir elkeen maar ook vir diegene onder die letter S . My Vader mag alles vandag vir ons ten goede meewerk en help ons om U hand daarin raak te sien en om nie te dink dis toevallig nie. Ons loof U en Prys U Vader Seun en Heilige Gees. Dit vra ons in Jesus se Naam die Naam wat bo elke Naam is Amen

**** ’n Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 59 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui