Vrydag 15 Junie  2018 Tema: : Ek weet nie 5

**** My eie woorde

’n Jong man met die wêreld aan sy voete kry die geleentheid om vir enige iets te vra. Nogtans het hy reeds die wysheid om te weet dat hy nie weet nie en hy vra vir insig en kennis. Die tweede aspek is dat ons seker almal tans in ons land al gesê het …” Ek weet nie meer nie” Die HERE wil Sodom en Gomorra verwoes maar kom gesels eers met Abraham daaroor en sien ons Sy grote genade .

1Kon 3V7  Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is ‘n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie. 8  En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, ‘n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie. 9  Gee dus aan u kneg ‘n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer? 10  En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.

Gen.18:32  Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.

Heb 4:16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

GEBED vir VANDAG  T

Onse groot en ewige Hemelse Vader, ons aanbid U. Vanmôre vra ons soos Salomo vir wysheid wanneer ons in of uit wil gaan. Vêrder kom ons met vrymoedigheid na U troon vanmôre  deur die verdienste van U Seun en ons Verlosser wat dit vir ons moontlik maak. Ons vra vir genade vir ons land en sy mense. HERE ek weet hier is meer as tien opregte toegewyde kinders van U wat nie twee spore loop nie, maar die reguit pad. Spaar ons land terwille van net tien en wees ons genadig. Ek bid vir die onder die letter T , vou hulle vandag toe in U arms van genade liefde en sorg. In die wonderlike Naam van Jesus vra ons dit Amen

**** Geseënde daggie vir elkeen, tot Maandag as ons gespaar bly.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 18 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation